Sunday 15 September 2013

Die opbou voor ‘n wedstryd…

 Dis half tien in die oggend; ek moet oor fyftien minute ry. Ek het my wedstryd kluere aan, ek maak seker dat my hokkiestok en mondstuk in my hokkiesak is. Ek gryp ‘n bottle water uit die uykus en is nou reg om te speel. Ek klim in my kar en voor ek dit weet is ek by die veld. My span is daar en almal groet mekaar voor ons spanpraat. Ons afrigter vertel ons watter posisie ons gaan speel en motiveer ons om ons beste te speel en te gaan wen. Die span doen opwarmings oefeninge en praat baie met mekaar. Ons gaan haal die hokkieballe en ons hokkiestokke. Ons stap op die veld en staan in ‘n kring. Almal sit hulle hande in die middle en op die tel van drie skree ons “Durbies.” Die fluitjie blaas en die wedstryd begin. Beide spanne praat met mekaar. Die is ‘n harde wedstryd en die opposie het die bal en hulle kom vir ons. Hulle is deur ons voorspelers en dit is nou ek en ons doelverdediger teen vier van hulle spelers.
Heir kom groot moeilikheid... My adrenalien pomp en ek weet ek moet die speller verdedig. Ek hardloop langs die speller na die lyn en plaas my hokkiestok langs die speller en verdeedig vir haar. Ek wen die bal, trek die bal weg en sit die bal op die speller se voet. Die fluitjie blaas en dit is my bal. Daar is twee minute oor, voor die eind fluitjie blaas. Die wedstryd is nogdteeds doelloos. Ek vat die bal en slaan dit na my spanmaat, sy kry die bal, hardloop om haar opposisie en hardloop na die doel area. Daar is nou dertig sekondes oor. Sy moet die bal inslaan! Almal skree “slaan die bal,” maar dit is te laat. Die eind fluitjie blaas. Die wedstryd is  gelykop en. almal is teleurgestad.

Ek het haar verdedig!
Ek slaan die bal na my spanmaat.

 

2 comments:

  1. Jy het vir my aan die gang gehad vir 'n paar minute. Ek het vir jou span gejuig, met die hoop vir 'n doel in die laaste sekonde. En dan?....kapoowee.

    ReplyDelete
  2. Enkele opmerkings:

    1. fyftien - vyftien
    2. kluere - kleure
    3. bottle - bottel
    3. uyskus - yskas
    4. middle - middel
    5. opposie - opposisie
    6. speller - speler
    7. verdeedig - verdedig
    8. teleurgestad - teleurgesteld

    ReplyDelete