Monday, 2 September 2013

Die gevoel is waarvoor ek lewe


Die fluitjie blaas en die wedstryd begin. Die adrenalien pomp, en ek is gereed om te speel. Die gevoel is waarvoor ek lewe. Hokkie is nie net vir my ‘n sport nie; dit is ‘n sport wat my wegkry van die lewe en in my eie wêreld laat wees. ‘n Hokkiestok lyk soos ‘n lank vishoek. Jy kan dit gebruik om die bal weg te slaan of om soos’n vinnige slang te wees en die bal terugsluip van die opposisie. ‘n Hokkiebal is so hard soos ‘n klip. Jy kan die bal vining met jou hokkiestok verby die opposisie beweeg of die bal oor hulle hokkiestokke hop. Net voor jy dit weet is jy in die sirkel en jy lig jou hokkiestok en slaan die bal. Die bal vlieg en slaan die rugplank, dit klink soos ‘n geweerskoot en dit  is ‘n doel. As die eind fliutjie geblass het, gaan die toeskouers saam met die span mal. Ons het gewen! Dit is die gevoelens op die hokkieveld waarvoor ek lewe.

2 comments:

  1. Al wat ek kan onthou oor die speel van hokkie is die blou maermerries en pynlike enkels.

    ReplyDelete
  2. Enkele opmerkings:

    1. Die gevoel - Dié gevoel
    2. lank - lang
    3. terugsluip - soek 'n ander woord
    4. eind fliutjie geblass - eindfluitjie geblaas

    ReplyDelete